Op Vrydag, 29 Oktober 2010 is 'n Cuppa vir KANSA, by die nuwe Rivierplaas Venue in Wellington gehou. Magda Kotze was die gasspreker en het oor Borsgesondheid en die voorkoming van kanker gepraat. Tee en koek was bedien vir 'n donasie. Alle fondse wat ingesamel is, is aan KANSA oorhandig. Die middag was daar 'n Shavaton waar hare geskeer en gespuit is.
Volgende jaar word
Shavaton Vrydag 04 Maart 2011 vanaf 10:00 tot 16:00 gereel by Rivierplaas en die Cuppa vir KANSA gehou op Donderdag 27 Oktober @ 19:00 en Vrydag 28 Oktober @ 10:00.
Heerlike cupcakes deur Ebeth Burger gemaak vir die Cuppa vir CANSA
Magda Kotze het die dames toegespreek op Bors Gesondheid
Alle fondse wat ingesamel is, is oorhanding aan CANSA
No comments:
Post a Comment